Thank you message from Gerhardt Fourie

Thank you message from Gerhardt Fourie

Top Model South Africa is ‘n great platform wat geleentheid bied vir jong openkomende modelle om ‘n naam vir hulself te maak in die industrie, die Top Model span is n ONGELOOFLIKE groep mense wat altyd reg staan om te help en om advies te gee !!

Suzette Marais kan mens se is ‘n wonder women, sy is ‘n ongelooflike mens met ongelooflike kennis in die industrie, was dit nou by die workshop of by die rehearsal, sy was altyd bereid om ‘n woord of twee te gee itv advies, sy is ‘n vrou wat nie sal settle vir iets behalwe as dit perfek is nie en die bewyse daarvan is ‘n perfekte grand finale, ek dink almal het iets by haar geleer gedurende hierdie proses ek het beslis geleer hoe om myself te present as ek dit so kan stel, omdat Suzette vir ons ‘n goeie voorbeeld gestel het van hoe om profesioneel op te tre

Top Model is ‘n great experience en ek beveel dit aan vir enige iemand wat belangstel, die twee dae by carnival city was ongelooflik en dit is verseker twee van die dae wat ek vir ‘n baie lang tyd sal onthou!! Nie net kry mens blootstelling nie, maar jy ontmoet ongelooflike mense en ek kan vir ‘n feit se dat ek goeie vriende gemaak het agv top model. Op tye het dit gevoel of ek en al my vriende ‘n model show doen want dit was hoe goed ons met mekaar oor die weg gekom het!!
Van die workshop, rehearsal, hair and make-up tot die final was ‘n journey wat ek nie sal vergeet nie, en elke dag wens ek kan dit weer doen!!

Mia , saam met hierdie wil ek ook net vir jou se dankie, dankie vir jou geduld met ons en al die harde werk agter die skerms sonder jou sou die Final nie so sukses wees nie. Jys rerig awesome

Baie dankie dat ek kon deel wees van so memorable experience !!

Share this post